![]() |
|
1
17th May 07:01
External User
Posts: 1
|
Stryd uit die selle
(Deur Wilhelm Pretorius) http://www.hnp.org.za/afrikaner/februarie06/art.htm Vyftien manne sit opgesluit in die Lokale gevangenis van Pretoria se enkelselle. Hulle vorm deel van die 22 beskuldigdes van die Boeremag-saak waar daar 43 aanklagte teen hulle is. Dit sluit in hoogverraad, terrorisme, onwettige besit van vuurwapens, plofstof, die vervaardiging van plofstof, moord, hulpverlening aan voortvlugtiges en nog vele meer. Die skrywer is een van hierdie vyftien wat in die hool aangehou word en hoop om deur middel van hierdie artikel ons mede Boerevolksgenote te laat deel in die ondervinding van ons Boerekrygsgevangenes in die tronke wat gebou is om ANC-terroriste te huisves. Dit weerspieël al die hoogte- en laagtepunte in ons lewens. Dit beskryf verlange, opwinding, stryd, onlogiese bewaarders, emosieskommelings, verlange en sommer net lawwe momente van die Boere-stryders, ingekerker in hulle selle. Sluit aan by die Boeremag en sien Azania se tronke Iemand het eendag die grappie gemaak: "Sluit aan by die Boeremag en sien Azania se tronke." Tussen hierdie klomp manne wat beweerde lede van die Boeremag is, is ons seker al tesaam in 25 verskillende tronke en polisiestasies aangehou. Dit was Zonder Water op Cullinan, Losperfontein se massaselle op Brits, Krugersdorp, Hartebeesfontein, C-Maks se dodeselle, Lokaal se massaselle, Diepsloot in Soweto, Baviaanspoort, Potchefstroom, en klomp verskillende polisieselle in Pretoria. Dan was ons in strafselle, dan polisieselle, dan saam, dan geskei, dan alleen. Dit was kompleet asof hulle ons 'n gratis toer deur die land se tronke wil gee. Ek wonder nogal wanneer sien ons hoe lyk Robbeneiland? Party is gemartel met inhegtenisneming, ander is by die huise gaan haal en party is met helikopters gevlieg. Een van ons se vrou en vriend het self ook 'n hele aand in die selle deurgebring. Ander se vrouens is erg geïntimideer en sake is teen hulle probeer maak. Ons huise, vriende en familie se huise is al hoeveel keer bestorm deur 'n menigte uniformmanne. Hulle sak met helikopters en veertig man neer op een vrou, grawe deur alles wat privaat is en konfiskeer links en regs sonder lasbriewe in sommige gevalle. Soms is hulle optrede niks anders as 'n bende rampokkers wat deur die magtige vervalle staat beskerm word nie. Party van ons mense word afgeskrik deur hulle optrede, maar die meeste word net nog meer soos 'n rooikat in 'n streepsak. Een predikant was te bang om Van Rooyen te trou, omdat die prediker bang is sy huis loop deur onder die polisie. As jy dus jou huis reg wil pak vir 'n verandering, skryf net vir een van ons 'n brief, en ontvang 'n gratis regpaksessie van die staat se braafstes. Manne wat jou kan martel as jou hande agter jou rug vasgebind is. Kontak met ons mense "Hoe is dit in die tronk?" is die vraag wat op die meeste se lippe hang. Wel, gagga, uiters gagga. Die ergste van alles is dat jy geskei is van almal wat jy liefhet. Of dit in 'n hool is en of dit op 'n eiland paradys is, om geskei te wees is goor. Dit sou natuurlik gehelp het as dit op 'n paradys was, want nou is die skeiding sommer goorder. Om die tronk saam te vat, kan dit ingedeel word in trappe van goor: Skeiding is goor, die gagga plek is goorder en die Filistyne die goorste. Die skeiding - jou mense verlang na jou en jy verlang na hulle. Die tye wat jy opgesluit sit in jou piepklein wêreldjie is die tye wat jou gedagtes ver draaie gaan maak. Maar jy kan bel, en by die verskillende tronke verskil hulle manier van bel asook hulle tye om dit te doen. In C-maks se maksimum afdeling, waar ons was, het ons tien minute per dag gekry, vir vier dae van die week. Om vir veertig minute met jou vrou te praat, en nog enigiets anders te reël in 'n week, is totaal nag. Hier, in Lokaal, is 'n telefoon op die vloer wat enige tyd, as dit beskikbaar is, gebruik kan word. Die een Telkom dan-en-wan-werkende-kaartfoon word gedeel tussen 38 inwoners, vir wie dit die enigste bron van kontak met die wêreld is. Die gevolg is 'n klomp woestynkamele by 'n koppie water: stormloop. As jy wil bel, moet jy nou eers uitvind waar pas jy in die wagry in. Dan wag jy tussen 'n halfuur tot twee ure om 'n beurt te kry. Jy is veronderstel om dan net tien minute op 'n slag te bel. Maar daardie reël is net op jou van toepassing, met die gevolg is dat die ander hulle tyd vat en jy aangejaag word. Die ergste is, jy weet dat jou vrou haar laerskool spaarvarkie breek om vir jou telefoonkaarte te koop, want hierdie geselsie is die bietjie wat daar nog van julle huwelik oor is. Terwyl jy bel, sien jy op die kaartfoon se skermpie hoe die bloedgeld aftik en die selfone rande opslurp,.die duur selfone tog so noodsaaklik vir 'n vrou in ons "veilige, wonderlike reënboog"-land, waar swart deel van die reënboog is. Saam met die telefoonkontak, kry ons darem ook twee halfuur-besoeke per week. Die hele besoek proses begin wanneer jou mensies gaan sit tussen die leërorde Filistyne en ongeveer 'n uur wag. In hierdie wagtyd is daar 'n paar sieldodende take om te verrig. Eerstens bekommer almal hulle oor hulle karre wat buite op die oop parkeerterrein staan. Dit is nie DKD se grond nie, maar die munisipaliteit se grond. Daarom mag hulle nie een bewaarder afstaan om te verseker dat die publiek se karre veilig is nie. As ons mense dan vir ons kom kuier, is hulle nie so seker dat hulle ruite, inhoud van die kar of die kar self nog net so gaan wees as hulle ure later terugkeer nie. Niks ernstig nie, daar was in hierdie tyd by ons mense seker maar nog net vyf inbrake en een kar wat gesteel is. Niks ernstig in vergelyking met die res van Azania se statistiek nie. Met hierdie bekommernis van die karre breek die eerste taak aan. Die eerste taak is om verby een of ander irrasionele swart bewaarder te kom met al jou pakkies. Die aktuele vraag by elke besoek is: wat gaan afgekeur word en wat gaan deurgelaat word? Indien 'n pakkie afgekeur word, bring hulle dit maar net weer saam, dalk is daar volgende keer iemand anders op diens of is die bewaarder dan in 'n beter bui. Dan het ons mense nou met die eerste bogrondsefase afgehandel. Op pad na die tweede fase, word hulle bevoel vir verbode items voordat hulle vir hulle tweede wagbeurt in die bedompige, stink plek ingaan, om vir die tweede halfuur-uur aan te meld. Dit is nie omdat daar so baie besoekers is nie, dit is maar net omdat daar een bewaarder in die skakel is wat eers sy toebroodjies wil klaar eet of net nog bietjie sit en niks doen nie, of sommer net eers klaar gesels- hulle het mos die hele dag tyd. Intussen is jy al 'n uur of twee gelede geroep by jou sel, en het jy afgegaan om in jou eie bondel te staan en wag vir jou besoek. Jy gee jou bloukaartjie waarop jou naam, vingerafdruk en terrorisme pryk, by die een wat aan jou kant met die besoeke werk in. Jou kaartjie word tussen die ander se kaartjies in 'n groot sweterige bra gedruk of met vetterige vingers, wat pas hoender geëet het, betas. Hierdie nat, vetterig, vuil of verkreukelde kaartjie word vir jou mensies gegee, waarna hulle in 'n lang ry vir nog 'n sessie gaan staan, sodat al die pakkies weer deursoek kan word en deur 'n kosblikgrote gat in die tralies, aangegee kan word. Jou klere, onderklere, kouse en alles wat so mooi met liefde deur jou vroutjie netjies versorg is, word met daardie hande opgefrommel en deur die tralie op die tafel aan die anderkant gegooi, waar al die kos, brood en vetterighede van vorige gevangenes, geplaas is. Die grap is dat hier steeds goed afgekeur word wat reeds toegelaat is by die vorige kontrolepunte. Nadat jy nou jou pakkies ontvang het, kan jy gaan kuier. Jy gaan sit in een van 'n ry hokkies tussen stemverheffende swartes terwyl jy 'n gesprek met jou vrou probeer uitmaak. Julle sit weerskante van 'n vieslik vuil dik klankdigte glas. Die kuiertjie geskied met behulp van 'n luidsprekerstelsel wat soos 'n flikkerlig, dan en wan, werk. Meeste van hierdie vensters het nog dik ysterstawe voor hulle sodat jy soos 'n Ghanese dieretuin-gorilla voel. In Krugersdorp het ons mense tussen 200 en 400km gery om ons te kom besoek, slegs vir 7 minute op 'n slag, tussen hordes, wat nie die vermoë besit om sag te kan praat nie. Besoekdae is streng Maandae, Woensdae en Vrydae, teoreties gesproke tussen 08:00 en 14:00. Hoeveel mense wat werk kan hierdie tye kom besoek? As ons twee besoekdae by die hof was, kan jy naweek besoek kry, anders is dit so uit soos bier in die tronk. Dit maak nie saak hoe onmoontlik dit vir jou mense is nie, naweke en vakansiedae is die reg van die gevonnistes om besoek te ontvang. Ons kry dus vier uur per maand nie kontakbesoek, slegs op weeksdae tussen 08:00 en 14:00, terwyl die gevonnistes 5 uur per maand kontakbesoek kry, op naweke en vakansiedae. Die misdadiger het dus meer regte as 'n persoon wat nog veronderstel is om gesien te word as onskuldig tot skuldig bewys. Om jou mense vir 'n maand glad nie te sien nie, was dus nie 'n rare verskynsel nie. In hierdie ongeveer jaar, vir sommige byna twee jaar, wat ons in verskillende gevangenisse aangehou was, het ons maar, seker altesaam, vir vier ure ons vrouens se hande kon vashou. Manne met klein kindertjies moes hulle kleingoed deur die glas sien hoe hulle tandjies uitkom, die nuutheid van loop aanskou, en aande met hulle eie gedagtes lê en foto's kyk. Vir God, vir volk.... In teorie is daar darem nog een manier om kontak met jou mense te maak en dit is deur middel van briewe. Dit is die teorie, want die helfte of meer bereik nooit hulle eindbestemmings nie. Hulle word soos die hele Westerse beskawing verswelg in die bodemlose swartgat van Afrika wat alle beskawing in sy eindelose swaartekrag intrek en totaal vernietig. Ons ontvang darem met horte en stote briewe, wat ons baie waardeer. Dus is die telefoon jou lewenslyn, die besoeke jou hoogtepunt. Met al hierdie gesukkel van die besoek, met die min kontak met jou mense, leer jy om te waardeer. Jy gryp aan elke grashalmpie vas. Die gesig van jou vrou is die droë brood vir die kind in hongersnood, die doudruppel vir die woestynverdwaalde. Elke brokkie is 'n genade van God. Wat vanselfsprekend was is die hoogtepunt van jou bestaan. Jy leer om die kleinste te waardeer en in die ander is jou dankgebed vol klein dingetjies, soos dié van 'n kind. Is dit dalk wat ons Vader wil hê? Gedagtes in jou sel In die week word ons 07:00 uur die oggend oopgesluit en 14:45 toegesluit. Op naweke en vakansiedae word ons 14:00 uur toegesluit. Die tyd wat ons oop is, beweeg ons net in ons seksie, behalwe 11:00 - 12:00 wat ons na die binneplaas toe gaan. Ons gang is omtrent so 70m lank met ongeveer 40 enkelselle. Ons is saam met 'n groep transitorowers en baie gevaarlike verhoorafwagtendes. In hierdie tyd kan ons gaan stort, kuier met die ander, bel of gewigte oefen. Met toesluittyd druis die oorverdowende geluide van slotte en klappende deure deur die leë gang. Dan is jy op jou eie, elkeen met sy eie ding. In die aande as dit reeds donker is en stilte ietwat oor die barbaredom gedaal het, kruip die gedagtes van jou liefde uit al die mooi plekkies en kom lê saggies hulle wesens neer in die sugte en trane van verlang. Trane van gefrustreerd wees as jy hoor dat jou vrou deur 'n slaggat gery het, ure langs die pad gestaan het, en jy kan niks daaraan doen nie. Daar is niemand om haar te help nie, want almal het hulle eie goed waarmee hulle besig is om net kop bo water te hou. Jy hoor dat sy sukkel met finansies, maar niemand maak 'n draai om net te hoor of sy nog brood in die huis het nie. Jy hoor van krisisse wat sy moet hanteer, en die kerk wat swyg in hulle afwesigheid, om net bietjie te ondersteun. Emosies wat oorborrel as jy sien hoe swaar jou vrou kry, en jy sit opgesluit in jou koninkryk van mure. As jy die verlange in kinderogies sien, gebede van hulle hoor dat Pappa net weer moet huistoe kom om by Mamma te kom slaap. Jy kom by die hof met die kinderogies vars in jou gedagtes en jy sien die vet uitgevrete eie bloed wat uit hulle pad gaan om jou lewe namens kommuniste te verwoes. Mense wat blink vet rondloop, uitgevreet aan die Judasloon. Gedurig sit die gedagte in jou kop vas: Hoe lank nog? Die eerste Engelse oorlog was maar gou, die tweede - drie jaar. Die Rebellie het sy bloed geëis en die Ossewabrandwagmanne was tot ses jaar in die tronk. Jou gebede draai rondom roeping uitleef en smeking om huis toe te gaan. Jou gedagte dwaal oor die vertroeteling van kameraadskap met die een wat jy liefhet, die skede waarin die swaard na die dag se geveg rustig kan gaan rus in die nag se stil ure. Jy mis die sagte hand op 'n beduiwelde dag, net die deel van saamweesdingetjies. Jy leer om te haat, die wat jou beste tyd se vreugde steel. Jy leer om die nuus dop te hou, met afwagting: Wanneer gaan die Boerevolk se manne eindelik hulle roeping aangryp, hulle verantwoordelikheid nakom? Jy luister en kyk hoe praatsiek leiers geen oplossing bied nie. Almal weet wat die onafwendbare is, maar niemand durf sê dat die keiser kaal is nie. Die dae vlieg verby en tik hul reëlmaat af, een na die ander. Elke dag nader aan die wedersiens, elke dag verder van die laaste besoek. Tog bo al hierdie pyn leer jy liefde ken. Jou liefde raak intens, brandend. In die proses om jou te breek maak hulle jou net sterk. Jy bid, jy hoop, jy verlang.... |
|
|
SPONSORED LINKS BY GOOGLE |
|
SPONSORED LINKS BY GOOGLE |
|
|