Kerkstraatbom
MEDIAVERKLARING
Op 20 Mei 1983 het die ANC ‘n kragtige bom in die Pretoriase middestad
laat ontplof. Die Kerkstraatbom het dood en verwoesting gesaai en
skokgolwe deur die land en die wêreld gestuur. Dit was een van die
gruwelikste dade van terrorisme in die beskaafde wêreld van destyds.
[ 19 dood, 200+ gewond - die misdadigers regeer vandag - betaal
terrorisme?]
Dit is dus vanjaar 21 gelede dat die veragtelike daad gepleeg is, en
daar is steeds mense wat daagliks met die trauma daarvan moet
saamleef.
Die geleentheid gaan deur die slagoffers, naasbestaandes en ander
belangstellendes herdenk word op Saterdag 22 Mei, in Kerkstraat-Wes
voor die gebou waar die bom ontplof het. Slagoffers, naasbestaandes
en belangstellende individue of organisasies is welkom om by daardie
geleentheid ‘n krans te lê. Verder word mense gevra om klippe saam te
bring vir ‘n klipstapeling op die sypaadjie.
Een van die slagoffers van die bom sal vertel van die
nagmerrie-ervaring op daardie dag en tydens ‘n kort oorsig sal al die
dade van terrorisme wat in daardie tyd dwarsdeur die land plaasgevind
het, in perspektief geplaas word.
Die funksie word gereël deur die Volksversetaksie, wat bestaan uit
ver****woordigers van ‘n groep kultuurorganisasies wat ook die
geslaagde funksie op 27 April vanjaar in die Ou Raadsaal op Kerkplein
aangebied het. Die funksie word ook juis om 14:00 die middag gehou,
wanneer die besighede reeds toe is en die meeste mense weg is. Die
bedoeling is juis om dit vreedsaam te hou sonder enige provokasie
****oor mense wat die bom dalk anders mog beleef het. Dit sal ‘n oop
funksie wees en almal is welkom.
Die organisasies wat by die Volksversetaksie betrokke is het ook hulle
steun gegee aan die Verkennersbeweging van Suid-Afrika in hulle
protesaksie **** die Voortrekkermonument-Erfenisterrein oor die
modeparade wat in die Senotaafsaal van die Monument plaasgevid het.
Verdere navrae:
Henk van de Graaf (Ko-ordineerder: Volksversetaksie)
Sel 083 4118229
Dr. Dan Roodt
Sel 082 4901036
|